Bosveld Winkel
kyk bietjie rond
bosveld winkel
Laat jou styl blom
-

Bosveld in my bloed
R295,00 -

Hier klop ‘n bosveld hart
R295,00 -

Bosveld Prinses
R295,00 -

Bosveld Vibes Only
R295,00 -

Ek is mos bos
R295,00 -

Stof op my stewels
R295,00 -

Ek blom waar ek geplant is
R295,00 -

Bosveld my taal
R295,00 -

Troupant
R295,00 -

Bos in my bloed
R295,00 -
Sale!

Geen geraas net rigting
Original price was: R295,00.R250,00Current price is: R250,00. -
Sale!

Vlerke in die wind
Original price was: R295,00.R250,00Current price is: R250,00.
kyk gou eers hier
vlerke en vraagies
Hier vind jy antwoorde op die vrae wat ons die meeste hoor — rustig, eerlik en sonder om dinge te kompliseer. As iets nog nie hier beantwoord is nie, is jy altyd welkom om te roep. By Bosduif glo ons vrae is net die begin van ’n gesprek. 🤍
Waar word julle produkte gemaak?
Elke item is plaaslik vervaardig en met liefde saamgestel. Ons ondersteun Suid-Afrikaanse hande — dis vir ons belangrik.
Hoe lank neem aflewering?
Ons probeer altyd vinniger vlieg as wat jy verwag! Gewoonlik neem dit 4-10 werksdae vir plaaslike aflewerings, afhangend van waar jy jou skoene uitskop.
Is daar aflewering buite stede?
Ja! Of jy nou in die middel van die bos of op ’n plaasgrondpad bly — ons laat jou pakkie sy pad vind.
Hoe werk versendingkostes?
Versending word bereken aan die hand van jou ligging en pakket se grootte. Jy sal dit duidelik sien voor jy jou bestelling bevestig.
Hoe werk julle groottes?
Ons hemde is gemaklik gesny met ’n bietjie ruimte vir vryheid. Gebruik gerus ons grootte-gids om seker te maak jy kies die regte pas. En as jy tussen groottes val — kies eerder groter, vir daai los, vry gevoel.
Kan ek iets terugstuur?
Ja, laat weet ons net binne 7 dae. Jou item moet ongedra en in oorspronklike toestand wees. Stuur vir ons ’n e-pos, en ons vat dit van daar af.
Wat as my pakkie verlore raak?
Dis skaars, maar as dit gebeur, werk ons saam met jou en die koerier om dit reg te stel. Laat weet ons gou, en ons span spring dadelik in.
Watter betaalmetodes aanvaar julle?
Ons aanvaar veilige aanlyn betalings — kaart of EFT.
Kan ek vir iemand ’n geskenk bestel?
Absoluut! Los net vir ons ’n nootjie in die kommentaar-afdeling tydens afrekening. Ons sal dit met ekstra liefde verpak.







































