Verkeerd Gevlieg
die wind waai soms so
Dalk is daar iets fout met jou bestelling, het die verkeerde item by jou aangekom, of wil jy iets terugstuur of omruil.
Moenie bekommer nie — kom ons kyk hoe ons kan help.
Ons “Verkeerd Gevlieg” beleid verduidelik hieronder wanneer iets teruggestuur of omgeruil kan word, hoe die proses werk en wat jy in gedagte moet hou.
Wat beteken dit as jy verkeerd gevlieg het?
Wat ook al gebeur het, lees gerus deur die inligting hieronder. Dit verduidelik wanneer ’n item vir terugstuur of omruiling kwalifiseer en wat die volgende stap is.
Ons belofte aan jou
As Bosduif die verkeerde produk gestuur het, of jou produk beskadig of foutief by jou aankom, laat weet ons asseblief so gou moontlik.
Ons sal die situasie met jou uitklaar en dit volgens die toepaslike verbruikerswetgewing en die voorwaardes hieronder hanteer.
Ons wil dinge regmaak wanneer iets aan ons kant verkeerd geloop het — mooi, eenvoudig en sonder onnodige drama.
Hoe werk dit?
Kontak ons voordat jy enige produk terugstuur en gee vir ons jou naam, bestelnommer, die produk wat jy wil terugstuur en die rede daarvoor. Indien die produk beskadig of foutief is, kan ons jou vra om foto’s saam te stuur.
Sodra ons jou versoek ontvang het, laat weet ons wat die volgende stap is en waarheen die produk gestuur moet word.
Moet asseblief nie ’n pakkie terugstuur voordat jy terugvoer van ons ontvang het nie.
’n Paar dinge om in gedagte te hou
Vir gewone terugsendings of omruilings moet produkte ongedra, ongewas en ongebruik wees en in ’n toestand wees waarin dit weer verkoop kan word. Oorspronklike etikette en verpakking moet, waar van toepassing, steeds aan of by die produk wees.
Waar die verkeerde grootte, kleur of produk deur die klant bestel is, kan retour- en herafleweringskoste vir die klant se rekening wees. Ons sal hierdie koste met jou bevestig voordat die omruiling afgehandel word.
Foutiewe, beskadigde of verkeerde produkte wat deur Bosduif gelewer is, word anders hanteer en jou regte ingevolge toepaslike Suid-Afrikaanse verbruikerswetgewing bly van toepassing.
Ons is hier om te help
Nie seker of jou produk vir ’n terugstuur of omruiling kwalifiseer nie? Roep gerus voordat jy enigiets terugstuur.
Vertel ons wat gebeur het en ons kyk saam met jou na die regte volgende stap.
Ons help waar ons kan — dis mos hoe Bosduif dinge doen.






