Inligting
Alles wat jy moet weet
Selfs met die beste beplanning loop dinge soms anders as wat ’n mens verwag het. Moenie bekommer nie – ons help jou graag om dit reg te stel.
Kontak ons asseblief binne 7 dae nadat jy jou pakkie ontvang het indien jy ’n omruiling, terugsending of terugbetaling wil aanvra, of indien daar iets fout is met jou bestelling.
- Omruilings: Verkeerde grootte of kleur bestel? Kontak ons om ’n omruiling te bespreek.
- Terugsendings: Wil jy ’n produk terugstuur? Ons sal jou deur die proses help.
- Terugbetalings: Wil jy ’n terugbetaling aanvra? Ons help jou graag met die nodige inligting en volgende stappe.
- Verkeerde aflewering: Verkeerde of beskadigde produk ontvang? Laat weet ons sodat ons dit kan regstel.
Belangrik: Sluit asseblief jou bestelnommer by jou boodskap in sodat ons jou vinniger kan help.
Kyk gerus deur die inligting hieronder. Indien jy steeds onseker is of verdere hulp nodig het, kontak ons gerus.
Bestellings, Aflewerings & Omruilings
Gewoonlik neem ons T-hemde tussen 5–7 werksdae.
Ons handgemaakte produkte vat bietjie langer. Gewoonlik neem dit tussen 14+ werksdae vir plaaslike aflwering. Indien jy T-hemde en handgemaakte produkte saam bestel, kan jou items afsonderlik en op verskillende dae afgelewer word.
Soms kan dit bietjie langer vat, hang net af van waar jy jou skoene uitskop.
Hoeveel kos aflewering?
Vir bestellings onder R1 000 word die toepaslike afleweringskoste by die betaalpunt aangedui.
Wat gebeur as ek verskillende produkte saam bestel?
Kontak ons voordat jy enige produk terugstuur en gee vir ons jou naam, bestelnommer, die produk wat jy wil terugstuur en die rede daarvoor. Indien die produk beskadig of foutief is, kan ons jou vra om foto’s saam te stuur.
Sodra ons jou versoek ontvang het, laat weet ons wat die volgende stap is en waarheen die produk gestuur moet word.
Moet asseblief nie ’n pakkie terugstuur voordat jy terugvoer van ons ontvang het nie.
Terugstuur, Omruil of Verkeerde Pakkie
Kontak ons asseblief binne 7 dae nadat jy jou pakkie ontvang het indien jy ’n produk wil terugstuur of omruil.
Gewone terugsendings en omruilings
Ons vra dat produkte ongedra, ongewas en ongebruik is, met die oorspronklike etikette en verpakking waar moontlik.
Indien jy die verkeerde grootte, kleur of produk bestel het, kan terugsendings- en herafleweringskoste vir jou rekening wees. Ons sal enige koste vooraf bevestig.
Foutiewe, beskadigde of verkeerde produkte
Indien Bosduif ’n foutiewe, beskadigde of verkeerde produk gelewer het, kontak ons asseblief so gou moontlik met jou bestelnommer en foto’s van die probleem.
Ons sal jou help om dit reg te stel sonder eenige drama.
Ons is hier om te help
Nie seker of jou produk vir ’n terugstuur of omruiling kwalifiseer nie? Kontak Ons voordat jy enigiets terugstuur.
Vertel ons wat gebeur het en ons kyk saam met jou na die regte volgende stap.
Ons help waar ons kan — dis mos hoe Bosduif dinge doen.
Waar word julle produkte gemaak?
Bosduif is trots Suid-Afrikaans. Ons werk met plaaslike vervaardigers, en die bosveld is in elkeen se bloed.
Ons handgemaakte items word nie op groot skaal vervaardig nie. Elke item word individueel gemaak en daarom is elkeen een van sy soort. Ons T-hemde? Wel… dié mag jy dalk aan iemand anders ook sien — maar dis nou maar hoe T-hemde werk.
Is daar aflewering buite stede?
Ja! Of jy nou in die middel van die bos of op ’n plaasgrondpad bly — ons laat jou pakkie sy pad vind.
Hoe werk versendingkostes?
Ons probeer aflewering so eenvoudig moontlik hou. By checkout kan jy kies tussen Locker-to-Locker of Locker-to-Address, afhangend van wat vir jou die maklikste werk.
Kies jy Locker-to-Locker, word jou pakkie by jou gekose locker afgelewer waar jy dit kan gaan haal. Met Locker-to-Address kom jou Bosduif-pakkie direk na die adres wat jy vir ons gee.
Die afleweringskoste word by checkout gewys voor jy betaal.
Hoe werk julle groottes?
Ons hemde is gemaklik gesny met ’n bietjie ruimte vir vryheid. Gebruik gerus ons grootte-gids om seker te maak jy kies die regte pas. En as jy tussen groottes val — kies eerder groter, vir daai los, vry gevoel.
Wat as my pakkie verlore raak?
Dis skaars, maar as dit gebeur, werk ons saam met jou en die koerier om dit reg te stel. Laat weet ons gou, en ons span spring dadelik in.
Watter betaalmetodes aanvaar julle?
Ons aanvaar veilige aanlyn betalings of EFT.
Kan ek vir iemand ’n geskenk bestel?
Absoluut! Los net vir ons ’n nota in die kommentaar-afdeling tydens betaaling en ons sal dit met ekstra liefde verpak.






