BOSDUIF
uit die hart van die bosveld
Bosveld produkte
Bosduif
tees
bosveld t-hemde
Ons Bosveld T-hemde vang die hart van die veld — natuurlike kleure, sagte materiaal en ‘n styl wat moeiteloos dra van plaas tot dorp.
leef
vir die huis
Vir die huis met ‘n Bosveld vibe. Bombuis tafellopers, kampvuur kussings en sagte komberse — gemaak vir bosveld harte.
styl
juwele
Fyn Bosveld-juwele geïnspireer deur grond, gras en vryheid — subtiele stukke wat jou styl met natuurlike karakter afrond.
veld
ietsie vir jou
Van karaktervolle leer beursies tot ikoniese Bosveld hoedjies — ontwerp vir diegene wat die veld met trots dra.
dis nie net produkte nie…
dis ‘n leefwyse
Welkom by Bosduif –waar ’n liefde vir die bosveld ’n leefwyse word.
Hier gaan dit oor meer as mooi dinge. Dis oor daardie dinge wat sommer soos jy voel – ’n bosveld T-hemp wat jou laat glimlag, ’n handgemaakte juweel wat jy oor en oor dra, en iets besonders wat jou huis ’n bietjie meer soos bosveld laat voel.
Van bosveld T-hemde en handgemaakte juwele tot kampvuurkomberse en ander bosveld-geïnspireerde leefstylprodukte – Bosduif is gemaak vir mense wat hou van grondpaaie, kampvure, eenvoud en die mooi van die bosveld.
Vir die natuurmens met bosveld in die bloed en grondpad in die hart.
Dis Bosduif. Dis ’n leefwyse.
voel tuis by bosduif
koop met gemoedsrus by ons
Jou hart en sak sal saam glimlag.
Kies wat jou siel laat sing.
Ons is hier vir jou – vinnig, vriendelik, net soos ’n kuier by die kampvuur.
Ons gebruik betroubare platforms en beskerm jou data met sorg
Vinnig en sorgvuldig, net soos ’n briesie wat liggies deur die bos waai.
Ruil of stuur terug. Ons verstaan – dis hoe die wind soms waai.
As die bosveld in jou bloed is
raak deel
Hou jy van wat Bosduif doen? Kom groei saam met ons. Word ’n Bosduif-affiliate en verdien kommissie wanneer jy ons produkte deel, of bring Bosduif na jou eie winkel as een van ons handelaars.
Jy bring jou mense. Ons bring ’n bietjie bosveld. Saam laat ons Bosduif verder vlieg.





