Epos

gesels@bosduif.co.za

Epos

bestel@bosduif.co.za

Bosveld Winkel

kyk bietjie rond

bosveld winkel

Laat jou styl blom

T-Hemde
Bosveld Juwele
Leer Beursies
Bosveld Hoedjies
Serpe & Sjale
Tafellopers
Sakkiesakke
Huismatjies
Kampvuur Komberse
Kampvuur Kussings
Uitverkooping

kyk gou eers hier

vlerke en vraagies

Hier vind jy antwoorde op die vrae wat ons die meeste hoor — rustig, eerlik en sonder om dinge te kompliseer. As iets nog nie hier beantwoord is nie, is jy altyd welkom om te roep. By Bosduif glo ons vrae is net die begin van ’n gesprek. 🤍

Waar word julle produkte gemaak?

Elke item is plaaslik vervaardig en met liefde saamgestel. Ons ondersteun Suid-Afrikaanse hande — dis vir ons belangrik.

Hoe lank neem aflewering?

Ons probeer altyd vinniger vlieg as wat jy verwag! Gewoonlik neem dit 4-10 werksdae vir plaaslike aflewerings, afhangend van waar jy jou skoene uitskop.

Is daar aflewering buite stede?

Ja! Of jy nou in die middel van die bos of op ’n plaasgrondpad bly — ons laat jou pakkie sy pad vind.

Hoe werk versendingkostes?

Versending word bereken aan die hand van jou ligging en pakket se grootte. Jy sal dit duidelik sien voor jy jou bestelling bevestig.

Hoe werk julle groottes?

Ons hemde is gemaklik gesny met ’n bietjie ruimte vir vryheid. Gebruik gerus ons grootte-gids om seker te maak jy kies die regte pas. En as jy tussen groottes val — kies eerder groter, vir daai los, vry gevoel.  

Kan ek iets terugstuur?

Ja, laat weet ons net binne 7 dae. Jou item moet ongedra en in oorspronklike toestand wees. Stuur vir ons ’n e-pos, en ons vat dit van daar af.

Wat as my pakkie verlore raak?

Dis skaars, maar as dit gebeur, werk ons saam met jou en die koerier om dit reg te stel. Laat weet ons gou, en ons span spring dadelik in.

Watter betaalmetodes aanvaar julle?

Ons aanvaar veilige aanlyn betalings — kaart of EFT.

Kan ek vir iemand ’n geskenk bestel?

Absoluut! Los net vir ons ’n nootjie in die kommentaar-afdeling tydens afrekening. Ons sal dit met ekstra liefde verpak.

bosduif

produkte lys

Bosveld T-Hemde

Bosveld Juwele

Beursies

Kampvuur Kussings

Kampvuur Komberse

Tafellopers

Bosveld Hoedjies

Serpe & Sjale

Wil jy deel raak van die Bosduif Familie? Druk hier om meer te lees
0
    0
    Jou Bestelling
    Maak my bossak skoonTerug na Bosveld Winkel