Ietsie vir die kampvuur
sag en snoesig
kies jou styl
kampvuur kussings
Hardekool
R249,00
Skemer
Soos die lig wat stadig verdwyn en die bosveld sy skadu’s begin strooi, bring hierdie kussingslope warmte en sagtheid na jou rusplek. Sag om aan te raak, sag om by te sit, en stil genoeg vir jou kampvuur-oomblikke.
Let wel: Kussing binne word nie saam verkoop nie — dit is net die sloop.
Afmetings en besonderhede:
Grootte: 47 cm x 47cm
Materiaal: 100% handgemaakte katoen
Afwerking: Knopies
Elke stuk is een van sy soort
Voor jy inpak
Liggies was met hand of op ’n sagte siklus in koue water. As jy die kussingsloop met die masjien wil was, plaas dit eers in ’n was sakkie. Lê plat om te droog te word — so bly die knopies mooi en die vorm sag. Nie in die droër nie. Sag, stil, en gereed vir jou volgende kampvuur-oomblik.
Versending
Jou pakkie sprei sy vlerke binne 14 tot 21 dae — afhangend van waar jy nes gemaak het.








