Epos

gesels@bosduif.co.za

Epos

bestel@bosduif.co.za

Veiling

Waar skatte nuwe huise kry

Pre-loved

gee dit ‘n nuwe begin

By Bosduif glo ons elke kledingstuk het ’n storie – en verdien nog ’n kans. Ons Pre-Loved Veilings gee jou die geleentheid om klere wat jy nie meer dra nie, ’n nuwe lewe te gee deur dit op veiling te plaas.

Of dit nou ’n matriek rok, baadjie of ‘n item is wat stof op gaar in jou kas – iemand anders kan dit weer waardeer. En as ’n item nie verkoop nie, kan jy dit skenk en ons gee dit aan ’n kinderhuis of ouetehuis waar dit werklik nodig is.

Gedra, maar nog kosbaar.
Dis die Bosduif manier – styl met betekenis.

Verkooper

Pre-Loved Groep

Kooper

Stuur item vir veiling

Hoe werk Bosduif se veilings en hoe neem ek deel?

Veilings vind plaas op Dinsdae en Donderdae van 19:00 tot 20:00.

Ons plaas items op ons WhatsApp groep met geen reserwe bedrae nie. Eenige opening bod is welkom. Sluit aan, blaai deur die items en plaas jou bod direk. Die hoogste bod wanneer die veiling sluit, wen.

Hoe werk registrasie en die lys van items?

Vir die Koper
Sluit aan by ons WhatsApp veiling groep via die skakel op ons webblad. Sodra jy in is, kan jy begin saam bied wanneer nuwe items geplaas word.

Vir die verkoper
Jy moet eers as ’n verkoper by Bosduif registreer. Sodra jy goedgekeur is, kan jy jou items vir die veiling indien.

Hoe plaas ek ’n bod?

Jy plaas jou bod direk in die WhatsApp groep.

Hoe werk betaling en uitbetaling?

Die wenner betaal die bedrag aan Bosduif. Ons hou die fondse veilig en betaal die verkoper uit sodra die koper bevestig dat die item veilig ontvang is.

Wie hanteer aflewering en wat van refunds?
Die verkoper is verantwoordelik vir verpakking en versending van die item na die koper. Afleweringskoste en reëlings word vooraf duidelik aangedui.

Alle verkope is finaal. Geen refunds, terugbetalings of omruilings word nie toegelaat nie, tensy daar bewese growwe wanvoorstelling van die item was. Koper aanvaar dat items pre-loved is en dus nie nuut is nie.

Veiling Terme & Voorwaardes

BOSDUIF VEILING TERME & VOORWAARDES

Laaste opdatering: 2026-02-02

Welkom by Bosduif – ’n pre-loved en handmade veiling platform.

Deur Bosduif te gebruik, stem jy in tot die volgende bepalings.

1. DEFINISIES

“Bosduif” – die Bosduif platform en besigheid
“Verkoper” – enige persoon wat ’n item lys vir verkoop
“Koper” – enige persoon wat ’n item koop
“Platform” – Bosduif WhatsApp auctions en web platform
“Item” – enige produk wat verkoop word

2. BOSDUIF SE ROL

Bosduif tree op as:

✔ ’n fasiliterende marketplace
✔ ’n auctioneer
✔ ’n betaling tussenganger (escrow styl)

Bosduif:

  • is nie die eienaar van items nie
  • beheer nie fisiese voorraad nie
  • waarborg nie die kwaliteit van items nie

3. VERKOPER VERANTWOORDELIKHEDE

Deur ’n item te lys stem die verkoper in dat:

  • Alle beskrywings eerlik en akkuraat is
  • Alle fotos die ware toestand wys
  • Enige defekte duidelik genoem word
  • Die item besit word deur die verkoper
  • Die item binne [3 werksdae] versend sal word
  • ’n tracking nommer verskaf sal word
  • Verkopers dra die risiko van verlies of skade totdat die item by die koper afgelewer is.

4. KOPER VERANTWOORDELIKHEDE

Die koper stem in dat:

  • Betaling binne 24 uur gemaak moet word
  • Die item binne 48 uur na ontvangs geïnspekteer moet word
  • Enige probleem binne 48 uur gerapporteer moet word
  • Indien geen klagte ontvang word nie, word die transaksie as suksesvol beskou.

5. BETALINGS & ESCROW

Alle betalings:

  • Word aan Bosduif gemaak
  • Word tydelik gehou in Bosduif se rekening
  • Word eers aan verkoper uitbetaal nadat:
  • die item ontvang is, en
  • die koper tevrede is of nie binne 48 uur kla nie
  • Bosduif mag fondse tydelik hou tydens dispute.

6. KOMMISSIE

Bosduif hef ’n kommissie van 10% per verkoop.

Die kommissie:

  • Word outomaties afgetrek
  • Word nie terugbetaal nie

7. VERSENDING

Standaard model:

  • Verkoper hanteer versending

Die verkoper moet:

  • ’n betroubare koerier gebruik
  • ’n tracking nommer voorsien
  • Bosduif is nie verantwoordelik vir koerier diens nie.

8. RETURNS & REFUNDS (NUWE AFDELING)

Alle verkope op Bosduif is finaal.

Omdat Bosduif fokus op pre-loved en handmade items, aanvaar kopers dat items nie nuut is nie en klein tekens van gebruik kan toon.

Geen returns of refunds word aanvaar vir:

  • verkeerde grootte of pasvorm
  • persoonlike voorkeur (bv. “ek hou nie daarvan nie”)
  • items wat korrek beskryf en gefotografeer is

Refunds sal slegs oorweeg word indien:

  • Die item nie soos beskryf is nie
  • Die item beskadig aankom
  • Die item nie afgelewer word nie

In sulke gevalle moet die koper:

  • binne 48 uur na ontvangs ’n klagte indien
  • fotos en bewys verskaf

Bosduif tree dan op as tussenganger en mediator om ’n billike uitkoms te bepaal.

9. DISPUTE & KLAGTES

In geval van ’n dispuut:

Bosduif sal:

  • Beide partye se bewyse ontvang
  • Die situasie evalueer
  • ’n finale besluit neem
  • Bosduif se besluit is finaal en bindend.

10. DONASIES / CHARITY ITEMS

Indien ’n item nie verkoop nie, kan die verkoper kies om:

✔ die item as ’n liefdadigheidsskenking aan Bosduif te gee.

Die item kan aan Bosduif gestuur word, met die skenker wat verantwoordelik is vir die versendingskoste.
Bosduif sal die ontvangde items noukeurig evalueer en besluit om dit óf weer op die veiling te plaas om fondse in te samel, óf dit direk te skenk aan ’n instansie, familie of organisasie waar daar ’n werklike nood is en waar dit die grootste verskil kan maak.

Bosduif sal die proses fasiliteer en toesien dat elke skenking op ’n verantwoordelike en betekenisvolle manier aangewend word.

11. VERBODE ITEMS

Die volgende items mag nie verkoop word nie:

  • Onwettige items
  • Gesteelde goedere
  • Vervalste produkte
  • Enige gevaarlike items

Bosduif behou die reg om enige listing te verwyder.

12. REKENING OPSKORTING

Bosduif mag ’n gebruiker opskort indien:

  • Terms oortree word
  • Onetiese gedrag voorkom
  • Bedrog vermoed word

13. BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID

Bosduif se aanspreeklikheid is beperk tot:

  • maksimum die kommissie bedrag van die transaksie

Bosduif is nie aanspreeklik vir:

  • indirekte skade
  • verlies van inkomste
  • koerier probleme

14. PRIVACY

Bosduif sal persoonlike data beskerm in lyn met:

  • Protection of Personal Information Act

15. WETLIKE JURISDIKSIE

Hierdie ooreenkoms word beheer deur die wette van:

  • Die Republiek van Suid-Afrika

16. VERANDERINGE AAN TERMS

Bosduif behou die reg om hierdie terms te verander sonder vooraf kennisgewing.

17. KONTAK

📧 veiling@bosduif.co.za | gesels@bosduif.co.za | www.bosduif.co.za

Bosduif

Veiling Reels

Veilings vind plaas op

Dinsdae en Donderdae van 19:00 tot 20:00

Veiling Groep

WhatsApp

Geen reserwe bedrae nie.
Eenige opening bod is welkom.

Die hoogste bod wanneer die veiling sluit
WEN

Pre-Loved

verkoper aansoek

Voltooi die vorm en heg jou item(s) se foto aan.  Sodra jou aansoek goedgekeur is kontak ons jou.  Dit vat gewoonlik so 24 uur.

Laai jou foto's opChoose FilesNo Files ChosenAccepted file types: jpg, jpeg, jpe, gif, png. Max. file size: 1 MB

Ek bevestig dat:

bosduif

produkte lys

Bosveld T-Hemde

Bosveld Juwele

Beursies

Kampvuur Kussings

Kampvuur Komberse

Tafellopers

Bosveld Hoedjies

Serpe & Sjale

Wil jy deel raak van die Bosduif Familie? Druk hier om meer te lees
0
    0
    Jou Bestelling
    Maak my bossak skoonTerug na Bosveld Winkel